Gehalte Afrikaanse onderrig hier in Aliwal-Noord

Kwaliteit onderwys vir u kind, reg hier in Aliwal-Noord, sonder lang reistye na ander sentrums.
grootrivier akademie (11)
grootrivier akademie (800 x 800 px) (2)

Vennote en akkreditasies

die mos inisiatief logo (2)
mos kleinskool netwerk logo
takke logo 01 (1)

Die uitdaging in Aliwal-Noord

As ‘n ouer in Aliwal-Noord en omliggende omgewing, staar u moontlik hierdie realiteit in die gesig: u voel dat gehalte-onderrig beteken om u kind weg te stuur. Hierdie keuse beteken óf lang reistye, hoë kostes vir vervoer en koshuisverblyf, en kosbare tyd weg van die gesin, óf bekommernis oor u kind se akademiese toekoms.

“Ons by Grootrivier Akademie verstaan hierdie bekommernisse. As Aliwal-Noord ouers en opvoeders self, beleef ons dieselfde uitdagings en het ons besluit om ‘n oplossing vir ons eie gemeenskap te skep.”

Bewese kurrikulum wat CAPS- en IEB-vereistes dek

Netwerk van vakkundige ondersteuning

Ondersteuning van Die MOS Kleinskool Netwerk

grootrivier akademie school 9

Aliwal-Noord se eie opvoedkundige oplossing

Grootrivier Akademie is hier in Aliwal-Noord gestig om ‘n werklike alternatief vir ons gemeenskap te bied.
Ons glo Aliwal-Noord se kinders verdien toegang tot wêreldklas onderrig in Afrikaans, sonder om ons gemeenskap te verlaat of lang afstande te pendel na Bloemfontein of ander sentrums.

Grade 8-12

Deel van die MOS-netwerk

KABV-kurrikulum (Gr. 8-9)

IEB-kurrikulum (Gr. 10-12)

100% IEB-slaagsyfer

Gekwalifiseerde vakkundiges

Fotogalery

grootrivier akademie school 6
grootrivier akademie school 1
grootrivier akademie school 11
grootrivier akademie school 4
grootrivier akademie school 10
grootrivier akademie school 6
grootrivier akademie school 5

Ons moederorganisasie

Die MOS Kleinskoolnetwerk is ‘n innoverende onderwysoplossing wat spesiaal ontwikkel is om die gebrek aan gehalte skole in baie gemeenskappe aan te spreek.

Hierdie netwerkmodel bemagtig gemeenskappe om hul eie skole te begin en bestuur, met ‘n fokus op kwaliteit moedertaal-onderrig binne plaaslike omgewings. Die netwerk kombineer die voordele van gemeenskapsgebaseerde skole met gesentraliseerde vakkundige ondersteuning, wat elke kind toegang gee tot wêreldklas onderrig onderrig sonder om ver van die huis af te moet leer.

Met ‘n trotse 100% IEB-slaagsyfer by alle aangeslote skole, bewys Die MOS Kleinskoolnetwerk sy toewyding aan akademiese uitnemendheid. Die netwerk bied ‘n moderne, toekomsgerigte kurrikulum wat CAPS-vereistes vir grade 4-9 en IEB-vereistes vir grade 10-12 dek, met klem op selfgerigte leer, kritiese denke en digitale vaardighede.

mos kleinskool netwerk logo

3 Eenvoudige stappe om u kind in te skryf in Aliwal-Noord

Neem beheer oor jou gemeenskap se onderwysbehoeftes! Bied kinders in jou omgewing die geleentheid om kwaliteit onderrig naby hul huis te ontvang.

Kontak ons

Skakel ons kantoor in Aliwal-Noord of stuur ‘n e-pos om ‘n afspraak te maak.

Besoek die skool

Kom besoek Grootrivier Akademie in Aliwal-Noord vir ‘n persoonlike toer en ontmoeting met onderwysers.

Skryf in

Voltooi die inskrywingsproses en begin u kind se nuwe opvoedkundige reis in Aliwal-Noord.

Gee u kind die voordeel van kwaliteit onderwys in Aliwal-Noord

Kontak ons vandag om te leer hoe Grootrivier Akademie die perfekte opvoedkundige tuiste vir u kind kan wees, reg hier in Aliwal-Noord. Ons sal binne 24 uur reageer om u vrae te beantwoord en ‘n skoolbesoek te reël.

Ubuntu

‘n Eienskap wat twee van die noodsaaklike menslike deugde, naamlik deernis en menslikheid, insluit. Ons glo daarin dat kwaliteit onderrig die voorreg van almal is en niemand daarby uitgesluit mag word nie. Ons model is dus op ‘n insluitende, inklusiewe model gebaseer wat maklik toeganklik vir alle moedertaalsprekers is.

Omarm die toekoms

Die wêreld waarin ons leef verander elke sekonde. Die MOS Inisiatief erken die dinamika van leer en die behoeftes van die arbeidswêreld wat deurlopend verander en poog daarin om ons leerders op al die verwagtinge en uitdagings voor te berei deur die vaardighede wat deur ons stelsel aangeleer word.

Lewenslange leer

Die doelwit van Die MOS Inisiatief is om ‘n liefde vir leer by elke leerder te kweek sodat hulle lewenslange leerders sal word wat deur hulle kennis, vaardighede en ondervinding ‘n sinvolle bydrae tot die wêreld sal maak.

Gereelde vrae

Met aansluiting is daar ‘n eenmalige registrasie fooi van R750.
Vir 2025 is die skoolfooie soos volg:
Graad 8 & 9 – R2 900 per maand vir 12 maande (e-handboeke reeds ingesluit)
Graad 10 & 11 – R3 200 per maand vir 12 maande (e-handboeke nie ingesluit nie)
Graad 12 – R3 500. Let asb dat daar ‘n IEB koste is vir die matriek eindeksamen wat addisioneel bykom. Die bedrag sal afhang van die jaar. Tans beloop dit ongeveer R12 000.
Ons is baie opgewonde oor twee ekstra vakke wat ons eksklusief aanbied by Grootrivier.
Ons leerders word blootgestel en opgelei in krietiese denke, navorsing, ontwerp en uitvoering van idees by ‘Projekte’.
4 van ons leerders het aan die Eskom Science Fair deelgeneem met twee baie interessante landbouprojekte.
By ‘Masters’ word Leerders gevorm deur blootstelling aan leierskapontwiikeling, self-kennis, mentorskap en insette vanaf die lokale besigheidsektor. Ons bestudeer die denke van groot name soos Stephen Covey, John Maxwell en Zig Ziglar.
Hierdeur word ons leerders toegerus met belangrike vaardighede en wysheid sodat hul op 18jaar gereed is vir die lewe daar buite.
Grootrivier fasiliteer die vakkeuses deur ‘n afspraak per leerder by ‘n Opvoedkundige Sielkundige in Bloemfontein te maak gedurende die 3de kwartaal van Graad 9. Ons reël ook ‘n verskeidenheid van sessies met besigheidseienaars en kundiges wat vir die leerders inlig van ‘n spesifieke veld en beroep. Dit is vir ons baie belangrik om vir die leerders soveel moontlik blootstelling te gee vir die groot keuses van vakke en ‘n beroep.
Maandae – Donderdae: 07:30 – 13:30
Vrydae: 07:30 – 13:00
Ons volg dieselfde skoolkalender as die staatskole in Aliwal Noord.
Sport – Ons leerders het toestemming om deel te neem aan Aliwal Noord Hoërskool se sport, hetsy span of individuele sporte.
Die leerders doen ook graag buitesport soos privaat dans, ballet, tennis en golf.
Kultuur – Leerders kan deelneem aan die jaarlikse Eisteddfod en kan ook aansluit by Aliwal Noord Hoërskool vir kultuur aktiwiteite.
Privaat klavier en kitaarlesse, en binnekort kunsklasse, word vanaf die skoolperseël aangebied.
Vaardigheidsontwkkeling – Ons leerders kan inskryf vir die jaarlike Allan Gray Entrepeneurskap kompetisie vir hoërskool leerders. Hulle neem deel aan ‘n aanlyn rekenaarspeletjie wat hul leer van besigheidsonwikkeling.
Die Leerder voorsien eie skootrekenaar met die volgende spesifikasies:
– Nie ouer as 8 jaar nie
 
Microsoft Windows
– Windows 10 of 11
– Toegang tot Microsoft App Store
– Werkbare mikrofoon en kamera
– I3 of hoër verwerker (processor)
– Minimum 8GB RAM
– Minimum 1.6 Ghz verwerkerspoed (Processor Speed)
– Minimum 64-bit Operating System
 
Apple – Macbook
– Mac OS 10.15 of nuwer
– Toegang tot Apple App Store
– Werkende mikrofoon en kamera
– Minimum 4GB RAM
 
LW: RTT en IGO benodig ‘n Windows rekenaar
Ons gebruik die MOS aanlyn leerstelsel. MOS volg die CAPS (KABV) kurrikulum vir graad 8 tot 9. Met elke les fokus MOS op die ontwikkeling van tegniese vaardighede asook om ‘n liefde vir lewenslange leer te kweek.
Vir graad 10 tot 12 gebruik MOS ‘n IEB geakkrediteerde kurrikulum en word leerders voorberei vir IEB matriekeindeksamen.
‘n IEB matriek sertifikaat is hoogs aangeskrewe in Suid-Afrika en ook internasionaal.
Verpligte vakke:
– Afrikaans Huistaal
– Engels Eerste Addisionele Taal
– Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
– Lewensoriëntering
 
‘n Keuse van 3 van die volgende vakke:
– Geografie
– Toerisme
– Rekeningkunde
– Besigheidstudies
– Lewenswetenskappe (Biologie)
– Fisiese Wetenskappe (Natuur&Skeikunde)
– Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
– Ingenieursgrafieka en ontwerp (IGO)
Graad 8 & 9 het deurlopende asseserings tydens die kwartale en skryf dus nie formele eksamens nie.
 
Graad 10 -12 het formele assesserings in the vorm van toetse en eksamens. Alle eksamens tot en met die matriek rekord eksamen kan by ons perseël geskryf word. Die matriek eindeksamen word geskryf by ‘n geakkrediteerde IEB sentrum. Ons is huidiglik in die proses om ons aansoek vir ons IEB sentrum akkreditasie voor te berei.
Onderwysers: Elke vak het ‘n gekwalifiseerde vakkundige (of span van hulle) wat agter die skerm is en die vak aanbied vir die leerders. Hulle berei die lesse voor en is verantwoordelik vir die monitoring, interaksie en terugvoer van die lesse en assesserings. Die leerder is heeltyd in kontak met die vakkundige.

Leerbestuurder: Danté Stephenson is Grootrivier Akademie se in-huis Leerbestuurder. Sy het ‘n Graad in Mikrobiologie en Fisiologie, en is uitstekend met Wiskunde, Wetenskap en Biologie. Sy het na haar studies as Tutor vir studente gewerk by die Universiteit van Potchefstroom. Sy is elke dag in die klas saam met die leerders om hulle te fasiliteer en om hulle werk te koördineer. Danté bestuur elke leerder se beplanning env ordering. Wat ‘n voorreg en geleentheid vir elke leerder om een-tot-een hulp te kan ontvang.
Somer: Kortmou Grootrivier Akademie golfhemp, met ‘n navy kortbroek of blou jean saam met tekkies of netjiese sandale.
Winter: Langmou Grootrivier Akademie gholfhemp, skool sweetpak (baadjie en broek) en skool “puffer jacket” en ‘chinos’, saam met tekkies of netjiese leerskoene.
Die leerders voel baie gemaklik in hulle skooldrag en dra dit met trots.

Begin jou Grootrivier Akademie-reis vandag

Kontakvorm (#3)